Dienste

BELASTINGBEPLANNING, ADVIES EN OPGAWES

REGISTRASIES EN DEREGISTRASIES

  • Aansoek vir registrasie en deregistrasie van alle direkte en indirekte belastings
  • Aansoek vir vrystelling van belasting (NWO’S, Skole, Kerke ens.)
  • Aansoeke vir Belastingklaringssertifikate (Goeie naam en Tender)

BELASTINGBEREKENINGS EN BELASTINGOPGAWES

  • Voltooiing en indiening van Voorlopige Belastingopgawes
  • Voltooiing en indiening van Jaarlikse Belastingopgawes
  • Voltooiing en indiening van ander belastingopgawes (Dividendbelasting, LBS, WVF, VOH, Omsetbelasting en BTW)

BELASTINGADMINISTRASIE EN ONDERSOEKE

  • Monitering van sperdatums t.o.v. die indiening van opgawes en inligting tussen SARS en die kliënt
  • Bystand met SARS oudits en aanslae
  • Formulering van korrespondensie met SARS
  • Reëling van afbetaling by SARS
  • Bystand met vertoee t.o.v. boetes en rentes by SARS

REKENINGKUNDIGE EN BESIGHEIDSADVIES

REKENINGKUNDIG

Die diens behels dat besighede sekere interne funksies aan ons uitkontrakteer:

  • Bate bestuur
  • Bestuur van die voorsieningsketting
  • Menslike hulpbronne
  • Finansies
  • Projek bestuur
  • Begrotingsbestuur
  • Ons opgeleide personeel is op ‘n maand tot maand grondslag betrokke in hierdie dienste

Rekeningkundige dienste sluit in:

  • Maandelikse prosessering van finansiële inligting op ‘n gerekenariseerde program
  • Maandelikse rekonsiliasie van bankrekeninge
  • Maandelikse rekonsiliasie van ontvangbare rekeninge
  • Maandelikse rekonsiliasie van kontant
  • Maandelikse rekonsiliasie van kontrolerekeninge
  • Maandelikse oorsig van finansiele inligtong en prosessering van maandelikse en jaareind joernale
  • Maandelikse bestuursverslagdoening
  • Evaluasie van transaksies in terme van rapporteringsraamwerke
  • Opdatering van registers (bateregister, leningsregister, beleggingsregister)

BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE

  • Berekening van Inset en Uitset belasting
  • Oorsig van transaksie ten einde voldoening aan BTW wet te verseker
  • BTW rekonsiliasie met proefbalans
  • Aansuiwerings aan BTW na aanleiding van oorsig
  • Voltooiing en indiening van BTW opgawes

SALARISSE

Ons gebruik Pastel Payroll om salarisse te administreer.

Dienste sluit in:

  • Strukturering van salarispakkette
  • Skepping en instandhouding van ‘n salaris databasis
  • Berekening van maandelikse belasting op salarisse
  • Voltooiing en indiening van maandelikse EMP opgawes
  • Uitreiking van maandelikse salarisstrokies
  • IRP5 rekonsiliasies en indienings by SARS
  • Uitreik van IRP5e en IT3’s
  • Rekonsiliasie van salarisse met u rekeningkundige sisteem

TUSSENTYDSE EN JAARLIKSE FINANSIELE STATE

Ons het uitgebreide ondervinding in die opstel van tussentydse en jaarlikse finansiële state in ooreenstemming van Internasionale Rapporterings Standaarde (IFRS), IFRS for SMME, Gennerally Recognised Accounting Practice (GRAP), Kontantontvangste en Betalingsbasis en Entiteitsspesifieke Rekeningkundige Grondslag.

BESIGHEIDSADVIES DIENSTE

BATEBESTUUR

Die batebestuursproses behels die volgende:

  • Opstel van bateregister in ooreenstemming met rapporteringsstandaarde
  • Fisiese bateopname om bestaan en volledigheid te verifieer
  • Skandeerder kodering van bates
  • Jaarlikse assessering van toestand, lewensduur en reswaardes
  • Jaarlikse toetsing vir waardedeling
  • Rekonsiliasie van vaste bates per kategorie
  • Oorsig van bateregister en bate items
  • Waardasie van bate items in ooreenstemming met rapporteringsstandaarde
  • Aanbevelings oor die bate omgewing

TEGNIESE OORSIG VAN JAARLIKSE FINANSIELE STATE

Wat ookal die finansiële rapporterings raamwerk wat ons kliënt kies kan ons ‘n oorsig daarop uitvoer tesame met ondersteuning ten opsigte van regstellende stappe wat verseker dat finansiële state van ‘n uitstaande gehalte gelewer word.

Die oorsig funksie sluit die volgende in:

  • Oorsig van finasiële state teen die vereistes van die rapporteringsraamwerk
  • Oorsig van onderliggende werkspapiere wat die finansiële state ondersteun
  • Opstel van ‘n finansiële rapporterings kontrolelys
  • Verslag oor aanbevelings ten opsigte van items geidentifiseer deur ons oorsig
  • Oordrag van vaardighede om die standaard van finansiële verslagdoening te verbeter

BESIGHEIDSPLANNE EN KONTANTVLOEIBEGROTINGS

Ongeag of u ‘n potensiële of bestaande besigheidseinaar is kan u nie die belangrikheid van besigheidsplanne onderskat nie, want dit lok finansierders en dit help om u besigheid te bemark.

Die primere doel van ‘n besigheidsplan is om te beskryf wat die besigheid is en wat dit beplan om te word.

Deur die rigting van u besigheid se ontwikkeling neer te pen sal u beter verstaan wat gedoen moet word om momentum te kry. Hierdie proses kan eenvoudig wees of behels dat u detail produklyne beskryf asook hoe ‘n ideale klient sal lyk.

Besigheidsplan ontwikkeling sluit in:

  • Verkryging van ‘n kennis van die besigheid en die kliënt se behoeftes
  • Identifikasie en kennis van die relevante industrie
  • Wette en Regulasie wat die besigheid affekteer
  • Identifisering van die teikenmark
  • Navorsing oor die besigheid en sy produkte
  • Kontantvloei projeksies

BOEDELBEPLANNING & EKSEKUTEURS

TESTAMENT

Jou testament is die laaste dokument wat jy kan nalaat wat jou wense uitdruk aangaande wat met jou bates moet gebeur na jou dood.
 
Dit is baie belangrik dat jy ‘n testament het, maar 𝐦𝐞𝐞𝐫 𝐛𝐞𝐥𝐚𝐧𝐠𝐫𝐢𝐤 𝐝𝐚𝐭 𝐝𝐢𝐞 𝐭𝐞𝐬𝐭𝐚𝐦𝐞𝐧𝐭 𝐯𝐨𝐥𝐝𝐨𝐞𝐧 𝐚𝐚𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐞𝐢𝐬𝐭𝐞𝐬 𝐯𝐢𝐫 ‘𝐧 𝐭𝐞𝐬𝐭𝐚𝐦𝐞𝐧𝐭 𝐨𝐦 𝐠𝐞𝐥𝐝𝐢𝐠 𝐭𝐞 𝐰𝐞𝐞𝐬.

BOEDELBEPLANNEING

  • Hou die plan so eenvoudig as moontlik sodat ‘n kliënt dit maklik kan verstaan
  • Drie kriptiese vrae word beantwoord op ‘n een bladsy opsomming – Eksekuteursvergoeding, Boedelbelasting en kontant surplus/tekort
  • Ons verkies om eksekuteursvergoeding ‘n vaste vergoeding te maak eerder as ‘n %. In die proses word eksekuteursvergoeding dus nie gekoppel aan hoer waardasies in die boedel nie. In die proses kan jy dus ‘n beter eksekuteursvergoeding met ons onderhandel en dit mag u boedel ook boedelbelasting bespaar.
 
Waarom ons te gebruik?
  • Ons het kennis van toepaslike belastingwetgewing.
  • Ons het ‘n goeie kennis van ons kliente se finansiele sake wat bydrae tot ‘n effektiewe boedelbeplanning en bpedelberedderingsproses.
  • Ons kliënte ken ons en weet hulle kan op ons integriteit steun.

INLIGTING BENODIG OM U BOEDELBEPLANNING TE DOEN

  • Markwaardes van:
  • – Eiendom
  • – Voertuie en Toerusting
  • – Lewendehawe/wild
  • – Ander bates
  • Opsomming van skuld
  • Skedule van polisse wat jy by jou makelaar kan bekom
  • Huweliksstatus: Ongetroud, Getroud, Fetroud binne gemeenskap, Getroud buite gemeenskap met/sonder aanwas
  • Laaste finansiële state

REGISTRASIE EN ADMINISTRASIE VAN MAATSKAPPYE EN TRUSTS

MAATSKAPPY ADMINISTRASIE - CIPC

  • Naamsreserverings en appelle
  • Registrasie van nuwe maatskappye
  • Verandering aan bestaande “MOI”
  • Spesiale besluite
  • Veranderinge van direkteure
  • Addresveranderinge
  • Jaarlikse CIPC opgawes
  • CIPC “Exempted Micro Enterprise” sertifikate
  • Maatskappyregisters
  • Aandelesertifikate

TRUST ADMINISTRASIE

Trust administrasie word by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof gedoen en ons handel met al die administrasie en korrespondensie tussen die trust en die Meester.

  • Registrasie van nuwe trusts
  • Veranderinge van trustees
  • Veranderinge aan trustaktes
  • Beeindiging van trusts

PASTELHANDELAAR

  • Sage Pastel and Payroll verkope
  • Installasie en registrasie van Sage Patel produkte
  • Maandelikse prossessering namens kliente op Sage Pastel
  • Maandelikse salarisstrokies
  • Maandelikse Payroll verslae en indiening van EMP201
  • Twee-jaarlikse Sage Payroll verslae vir indiening van EMP501
  • “Data fixing” van korrupte data
  • Ondersteuning met algemene foute in Sage Pastel

SAGE PASTEL OPLEIDING

  • Ons bied beide dag en aandklasse aan in Pastel Partner wat ook ‘n addisionele boekhouding module insluit
  • Die kursus is geakrediteer by Sage Pastel
  • Nadat die opleiding voltooi is moet ‘n aanlyneksamen afgele word en ‘n punt van ten minste 75% en hoer behaal word waaarna ‘n Pastel sertifikaat aan u uitgereik kan word

SAIPA OPLEIDINGSKONTRAKTE

Opleidingskontrakte word aangebied vir toepaslike kandidate wat ‘n loopbaan as Professionele Rekenmeester wil navolg. U sal ‘n 3 jaar SAIPA Opleidingskontrak moet teken indien jy aangestel word.